Woorde het ek nie veel van nie
My hart is ook half en leeg
My kop rol en bons rond soos
Gaf in die wind
Ek is moeg
Hartseer en verlate
Hoe doen mens dit?
Hoe kry ander dit reg?
Hoekom is die lewe so
Anders.
Soms staan ek op en gaan aan
Want ek moet
Soms bly ek le en huil
Want ek kan.
Tog is daar altyd liefde
In my hart vir my mense
Liefde van my mense dra my
Hou my regop.
Here waarheen gaan ek nou...
No comments:
Post a Comment